Weg!

GAUTENG

DINOKENG-WILDRESERVAAT

Daar’s min plekke waar jy die geraas en verkeer van ’n groot stad kan agterlaat en net 40 minute later na die gebrul van ’n wilde leeu kan luister. Dinokeng is die enigste plek in Gauteng waar die Groof Vyf vry rondloop en dis baie gewild, veral oor naweke. Dit hang af van die lodge of kamp waar jy bly, maar jy kan uitsien na begeleide wildritte, uitstappies in die bos, en fynproeweretes.

DOEN DÍT Hier is ’n padnetwerk van sowat 140 km in die reservaat en dagbesoekers kan dit in hulle eie voertuie verken. ’n Selfrypermit kos R250 per voertuig vir een dag; R320 vir 2 dae en R380 vir 3 dae (dit sluit die bewaringstarief vir voertuie in). Koop ’n kaart (R45) vir aftrekplekke, restaurante, piekniekplekke en voëlskuilings langs die pad.

Gaan sit gerus by die Veldjierondom-piekniekplek en bestel ’n Crème Soda float by die kiosk – ’n spannetjie vlakvarke en selfs koedoes kom wei soms lekker naby.

Bewaringstarief R80 p.p.; R50 per kind 2-12 jaar; R50 per voertuig.

Dinokeng het meer as 50 plekke om te bly, almal in privaatbesit en hier is opsies vir elke begroting en. Ons het onlangs baie lekker by OuKlip Game Lodge () gebly.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related