Weg!

Wild, wilder… wildtuin!

Disbekostigbaar (wel, soort van)

Die park het blyplek vir elke beursie – van kampplekke sonder krag tot luukse lodges met kunswerke teen die mure. As jy gewoond is aan selfsorgverblyf met komplimentêre koffiegoed, gaan jy duur betaal in die Kruger. Maar as jy ’n paar geriefies prysgee, kan jy ’n bekostigbare vakansie geniet.

Die kampplekke is goeie waarde vir geld (vanaf R340 p.n. vir twee mense, sonder krag tot R410 p.n., met krag). Dit verskil van ruskamp tot ruskamp, maar in die algemeen is die kampterreine ruim en boomryk. Die geriewe is ouerig maar netjies. Hier is gemeenskaplike badkamers en kombuise met tweeplaatstofies, opwasbakke, ’n urn en plek-plek ’n mikrogolfoond. Enasjygelukkigis, kry jy ’n staanplek langs die draad. Dis ’n bonus, want dan kan jy dierekyk terwyl jy beskuit doop!

As jy nie ’n kampeerder is nie, oorweeg die safaritente of hutte met gemeenskaplike kombuise en/of badkamers. In dié geval moet jy ’n krat met kook-en breekware inpak – jy kan wel ’n kombuisboks (R30) by ontvangs huur. Pryse wissel tussen R520 en R1 500 p.n. vir twee mense. Kinders betaal halfprys.

GUNSTELING-KAMPTERREINE By Letaba voel dit asof ’n mens in ’n woud kamp. Satara en Shingwedzi het heelwat staanplekke teen die draad. Punda Maria is die enigstekampterrein met ’n uitsig oor ’n watergat.

Daar is nie slégte kampterreine in die park

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related