Weg!

NOORDWES

LESER SE GUNSTELING

BELINDA JOUBERT, Hartbeespoort

“Die Pilanesberg maak my gelukkig. Die stilte in die reservaat is intens, maar net totdat die veld saans begin kwaak en tjirp en fluit. Die naglug is gitswart en die sterre blink helder en soms hoor jy ’n leeumannetjie in die donker brul!

“Ons besoek Pilanesberg heeljaar en elke seisoen het sy eie sjarme. Die winter het goue grasvelde en dramatiese wolke. In die herfs verander die bome van kleur en dis dan wanneer jy al die insekte sien kos versamel – miskruiers, renosterkewers, langhoringkewers, vlinders en naaldekokers is oral.

“Ek het nou al byna alles in die reservaat gesien, selfs ’n sekretarisvoël. Jy leer gou dat die parmantige bloukopkoggelmander net so spesiaal is soos ’n leeu wat aan ’n karkas vreet.”

Volg Belinda op Instagram by @bj.inspire.

PILANESBERG-WILDRESERVAAT

As jy genoeg olifantbeelde by Sun City gesien het, gaan soek een in lewende lywe in hierdie Groot Vyf-reservaat. Pilanesberg is in die krater van’nuit gestorwe vulkaan en word deur heuwels omring. Meer as 7000 wilde diere en 300 voëlspesies kom hier voor en jy kan die reservaat op wildritte (selfry en begelei), stapsafari’s en selfs in ’n warmlugballon (gaan) verken.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related