Weg!

NOORDWES

PILANESBERG-WILDRESERVAAT

As jy genoeg olifantbeelde by Sun City gesien het, gaan soek een in lewende lywe in hierdie Groot Vyf-reservaat. Pilanesberg is in die krater van ’n uitgestorwe vulkaan en meer as 7 000 wilde diere en 300 voëlspesies kom hier voor. Jy kan die reservaat op wildritte (selfry en begelei), stapsafari’s en selfs in ’n warmlugballon (gaan na mankwegametrackers.co.za) verken.

DOEN DÍT Pilanesberg het ses voëlskuilings. Die Mankwe-skuiling langs die Mankwedam is die gewildste. Dis in ’n C-vorm gebou, strek in die water in en laat jou toe om na die ooste én weste foto’s te neem sodat jy altyd goeie lig kan hê. Voëls sit graag in die dooie bome in die water – dis die ideale plek om daardie foto van ’n kuifkopvisvanger te neem waaroor jy nog altyd droom.

Bewaringstarief R80 p.p.; R30 per kind 6-12 jaar; R40 per voertuig.

VERBLYF Bakgatla Resort Kamp sonder krag vanaf R322 p.n.; met krag vanaf R345 p.n. vir tot 6 mense. Kinders jonger as 6 jaar bly verniet. Jy moet ten minste vir 2 aande hier slaap oor naweke.

Kamp sonder krag vanaf R322 p.n.; met krag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related