Landbouweekblad

‘Kanadese besef hoe belangrik landbou is’

Brief uit die buiteland

LIGGING Kanada

Inligting: Humboldt, Saskatchewan

KORTOM

■ Besproeiingsboere van Vaalharts boer al langer as ’n dekade in die middel van Kanada op droëland met gars, kanola, ertjies en koring.
■ Die hele familie is betrokke by die boerdery, en strooptyd bly die kinders selfs uit die skool om te help.
■ Die kontras tussen boerderytoestande in Suid-Afrika en Kanada is groot, met die landbouvriendelike Kanadese regering die grootste pluspunt.

Vertel meer van jul boerdery.

Ons boer 30 km oos van die dorp Humboldt in die Saskatchewan-provinsie met gars, kanola, ertjies en koring. Die gebied is ook bekend om gewasse soos hawer, fababone, vlas- en kanariesaad, en mosterd. Na die suidekant plant hulle ook sojabone.

Dit is ’n somerreënstreek, met temperature wat wissel van 18 °C tot 36 °C. Die dae is baie lank, wat gunstig is vir die gewasse om te groei om betyds ryp te word voor strooptyd.

Ons plant tans op 2 000 ha, met die plan om elke jaar met 25% uit te brei. Ons is nog in die groeifase. Die opbergingsvermoë op die plaas is vir 75% van die oes. Ons doen vooruitbemarking om graan van die stroper af in te ry vir kontantvloeidoeleindes en die res word in die silo’s op die plaas opgeberg.

Vanjaar was ons op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro

Related