Huisgenoot

HOEKOM IS EK GESPAAR?

MIKE Thexton was 27, uitgeput en reg om terug te keer na sy huis in Brittanje nadat hy die somer in die Himalajas gestap het. Hy het in Karachi, Pakistan, ’n vliegtuig gehaal. Soos die noodlot dit wou hê, het die vliegtuig nooit die aanloopbaan verlaat nie.

Op 5 September 1986 om 05:44 is Pan Am se vlug 73, wat van Mumbai via Frankfurt na New York toe onderweg was, gekaap net voor dit kon opstyg. Altesaam 12 van die volgende 15 uur is Mike, een van byna 400 mense aan boord, deur een van die kapers met ’n vuurwapen teen sy kop aangehou. Die kapers was deel van ’n Palestynse terreursel wat van plan was om Amerikaners uit te soek, maar bereid was om met ’n Brit tevrede te wees.

Die mans, met gewere en handgranate gewapen, het reeds hul eerste passasier vermoor. Hy was die 29-jarige Rajesh Kumar, wat in daardie stadium nog net twee maande lank ’n Amerikaanse burger was. Hulle het hom in die deur van die 747 doodgeskiet en toe sy lyk op die teerblad uitgeskop. Daarna het hulle Mike vorentoe geroep nadat hulle deur die passasiers se paspoorte gegaan en die Westerlinge uitgesoek het. Mike het na die voorkant van die vliegtuig gestap.

“Ek was lam toe ek my naam hoor. Ek het myself probeer oortuig daar was ’n verklaring en dat hulle my dalk van die vliegtuig sal laat afklim. Maar ek was eintlik seker hulle het my uitgekies om te skiet,” vertel Mike.

Pan Am-hoofde het van buite onderhandel. Medepassasiers is na die vliegtuig se middel aangejaag. Soos wat die ure voortgesleep het, het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related