Huisgenoot

BIKINI’S EN SKÊRE – NOU’S DAAR PÊRE

DIE kusdorpie Langebaan is ’n plek waar jy gaan as jy moeg is vir die harwar en rumoer van die stad. Dit is gewild onder mense wat daar aftree en in hul goue jare na die see wil kyk sonder dat enigiets hul bloeddruk onnodig opjaag.

Die “Juweel van die Weskus”, noem mense dit, ’n plek waarheen jy jou kinders kan vat om op vakansiedae sandkastele op die strand te bou.

Maar nou maak dié dorpie ook naam vir iets wat volgens sommige inwoners minder gesinsvriendelik en darem net te wild is: Bikini Barber.

Oë het gerek en monde het oopgehang toe dié nuwe onderneming sy aankoms op die dorp op sosiale media aankondig.

Daar, in ’n video, het ’n vrou in ’n bikini smeulend op ’n salonstoel gesit. Mans is genooi om te kom aanklop vir ’n haarsny, skeer, manikuur, pedikuur of massering deur ’n skraps geklede

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related