Baba & Kleuter

DUT BIETJIE IN DIE DAG

Babas en peuters se dagslapies behels baie meer as ’n vinnige ruskansie vir jou ook. Dit is ’n belangrike deel van jou baba se roetine en het ’n regstreekse invloed op sy ontwikkeling en gemoedstoestand. ’n Oormoeë baba is immers ’n moeilike baba en dit wil jy tot elke prys vermy.

Tog is dit dikwels ’n groter uitdaging om babas bedags ’n uiltjie te laat knip as om hulle snags aan die slaap te kry en te hou.

Ons het by kenners gaan kers opsteek.

’N RUSKANS VIR BABA

Hoe lank jou baba bedags slaap, hang in ’n groot mate van sy ouderdom en persoonlikheid af, sê Lee-Ann Stretch van Sleep Matters in Johannesburg (sleepmatters.co.za). ”Elke baba verskil, maar daar is basiese riglyne.”

’n Baba onder drie maande slaap vier tot vyf keer per dag, sê Megan Heuer, ’n spelterapeut, berader en slaapafrigter van Pretoria (goodnightbaby.co.za).

’n Baba van drie tot ses maande sal waarskynlik drie dagslapies geniet, ’n baba van ses tot 12 maande sal twee keer in die dag slaap en een van 12 tot 18 maande het een of twee dagslapies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related