mooi
In ’n digitale wêreld waar ons gesigte gedurig op skerms en sosiale media pryk, is dit geen verrassing dat teenverouderingsvelsorg die grootste kategorie in die velsorgbedryf is nie. Tog hoef ons nie die wysters van die horlosie te vrees nie. “Ek het ’n pro-verouderingsbenadering tot velsorg,” sê dr. Lauren Knight, dermatoloog van Kaapstad. “Ons moet veroudering sien as ’n voorreg en ’n natuurlike deel van die lewe. Dit beteken nie jy hou op om na jou vel om te sien nie, maar eerder dat jy jou vel se natuurlike prosesse leer verstaan ten einde