![f038-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/2457i36khsaypa1m/images/file4QHP0KLZ.jpg)
![f039-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/2457i36khsaypa1m/images/fileNK06N9PL.jpg)
![f039-02.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/2457i36khsaypa1m/images/fileKEZ241GH.jpg)
![f039-03.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/2457i36khsaypa1m/images/fileZJI13G9C.jpg)
![f039-04.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/2457i36khsaypa1m/images/fileLSF22GS1.jpg)
Kirsten se ma, Annette
1 EERSTE VROU OOR DIE EINDSTREEP
MET ’N OUWÊRELDSE SEILJAG
Jy seil blind. Net die son en sterre om jou te stuur. Jy het geen moderne kommunikasiestelsel, GPS of enige satelliet-weertegnologie nie. Boonop is jy stokalleen. Jou roete: 30 000 seemyle om die wêreld. Jou doelwit: Om die moeilikste seiljagvaart ter wêreld te wen – die eerste en enigste vrou tot dusver.
Gqeberha se Kirsten Neuschäfer het onlangs wêreldnuus gehaal toe sy en haar boot, Minnehaha, oor die eindstreep in Les Sables-d’Olonne, Frankryk, geseil het – meer as sewe maande nadat sy en vyftien ander deelnemers op 4 September van daar vertrek het.
Die Golden Globe-alleenvaart is ’n retro-resies, dís wat haar lok, het sy vooraf vertel. “Ons herdenk sir Robin Knox-Johnston se alleenvaart om die wêreld. Ons mag nét gebruik wat in 1968 beskikbaar was. Ouskoolbote, geen buitehulp. Dit maak die dinamika interessant en die uitkoms onvoorspelbaar.”
Sy moes storms en onstuimige see trotseer, reënwater drink, in die oseaan duik om mossels van haar boot se romp te skraap, en emosioneel sterk