SARIE

SARIE se TOP 5

1 ’N FOTO MOET JOU LAAT VASHAAK EN KYK, LAAT WONDER EN WEER KYK

HANNES LOCHNER, INTERNASIONAAL BEKROONDE NATUURLEWEFOTOGRAAF

Toe Hannes Lochner ’n klein seuntjie was, het sy ouers ’n bandjie met sy naam en adres om sy arm vasgemaak, net ingeval hul “wilde” kind té ver afdwaal op al sy verkenningstogte deur die buurt. Sy kop was vol drome oor wilde diere.

Ses fotoboeke en etlike internasionale natuurlewefotografie-toekennings later, is Hannes steeds aan die verken. Sy jongste boek, Once Upon a Time*, wat vroeg volgende jaar verskyn, is die resultaat van vyf jaar se foto-ekskursies oor die hele Suider-Afrika . . . Namibië, die Kalahari, Okavango, Chobe, Zambië en die Krugerwildtuin.

Dié een het hy as ’n sprokie benader. “Ek was lus vir ’n vars aanslag, iets anders as die konvensionele koffietafelboek. Afrika se natuurlewe as ’n feëverhaal.” Selfs klein Hansie se storie word vertel.

Die voorbladfoto – ’n muskeljaatkat en ’n vis (sien foto regs bo) – lê hom na aan die hart. “Ek wou al tien jaar gelede ’n dier wat water drink afneem, én terselfdertyd iets onder die water, maar die tegnologie het nog nie bestaan nie. Toe dit wel daar is, het dit my steeds ’n jaar geneem om dit vas te vang. Dit het geweldig baie beplanning geverg.”

Nog gunstelinge is die pelikaan wat hy gekiek het net

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related