Olive Brits het ’n goeie lewe gehad, maar sedert die afsterwe van haar man het sy haarself ál meer van die wêreld afgesny.
Die veteraanaktrise Antoinette Kellermann vertolk die hoofrol van Olive in hierdie fliek wat in en om Kaapstad afspeel.
Olive sukkel om aan te pas by die nuwe aftreeoord waarheen haar kinders haar gepos het – dié dat sy haar eie geselskap en ’n stewige whisky geniet – laasgenoemde tot groot kommer van haar huisdokter.
Maar ná een whisky te veel