Kuier

‘NEE, EK'S NIÉ OKAY’

J y kon sê van hom wat jy wou, maar iets wat jy nóóit in twyfel kon trek nie, was dat Kiernan Forbes ‘n wonderlike pa vir sy kind was.

Die hip-hopkunstenaar en rapper, wat aan sy miljoene aanhangers bekend was as AKA, was weg van die verhoog af ‘n raakvatpa vir sy sewejarige dogter, Kairo.

Een week sou sy by hom bly by sy huis in Johannesburg, en die ander week by haar ma, Kiernan se eks, DJ Zinhle.

In die dae voor sy dood was Kairo juis by haar pa se huis. Die oggend van 10 Februarie vanjaar het hulle nog mekaar gegroet toe sy moes terugkeer na haar ma se huis. Min het hulle toe geweet dit sou hul laaste oomblikke saam wees as pa en dogter …

Die aand voor sy skokmoord het Kiernan nog sy ma, Lynn Forbes (54), wat ook by hom gekuier het, gevra om hom die volgende oggend vroeg wakker te maak sodat hy nog ‘n bietjie meer tyd met Kairo kon deurbring.

“Die Vrydagoggend het hy dadelik opgespring. Hy het ‘n fantastiese oggend gehad voordat sy skool toe is en Kairo sou teruggaan na haar ma toe.

“Wat my altyd sal bybly is hoe hy nog vir Kairo gesê het:‘Ek is baie lief vir jou’. Hy het ook gesê:‘Ek gaan jou so baie mis’– natuurlik met die bedoeling dat sy nou weer vir ‘n week by haar ma [sou] gaan bly,”vertel Lynn aan Kuier oor die foon vanuit haar huis in Douglasdale, Johannesburg.

Haar rapper-seun was op pad Durban toe vir ‘n optrede en Lynn sou saam met haar suster, Trudy van Wyk, wat in Kaapstad woon, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Die A-z Van K-beauty
Koreaanse skoonheidsorg, oftewel K-beauty, is al ‘n ruk lank die in-ding onder skoonheidskenners. Die klem is op moisturising, bestanddele wat sagkens op die vel werk, en ‘n natuurlike gloed van binne. Jy het dalk reeds produkte wat as Koreaanse skoo
Kuier2 min read
Boodskappe
“My ma het my geleer van menswees”, 9 Mei Ek het Jill (Levenberg) en haar ma op die Koortjies-program gesien en toe die fantastiese band tussen ma en dogter gesien, en hoe hulle ‘n mens lekker kan laat lag. Antie Carol het in daardie oomblik diep in
Kuier1 min read
11 April 2024 Se Oplossings
VRAAG: Wie vertolk die rol van Penelope in Bridgerton? WENNER: STER-BLOKRAAI NR. 231 Ilse Swart, Melkbosstrand Dwars: 1. Kallus; 7. Boeke; 12. Ria; 13. Auk; 14. Onwel; 15. Irak; 16. Rigters; 17. Sensus; 21. Semi; 22. Meen; 25. Vlae; 27. Ore; 29. Invo

Related