Huisgenoot

ONS RAAD AAN NUWE HOUSEWIVES

OP 20 APRIL gaan die poppe in die Boland behoorlik begin dans. Maar hopelik sal daar genoeg wyn wees om almal se kristalglase vol te hou terwyl die woordpyle afgevuur en bondgenootskappe gesmee word.

Hier in die Wynlande gaan daar in die komende maande intriges ontvou soortgelyk aan dié wat die Jakarandastad enkele maande gelede laat gons het.

Kykers was verlede jaar vasgenael voor die kassie toe ses vroue van Pretoria hul leefstyl – kompleet met instapskoenkaste en bokdrolspoegkompetisies – in Die Real Housewives van Pretoria aan die land blootgelê het.

Daar is geskinder, daar was katgevegte en trane, maar nes die pers bloeisels van die jakarandabome elke jaar in Pretoria vernuwing bring, was daar ook vergifnis, lesse geleer en vriendskappe gesmee.

Nou gaan ses ander glansvroue van die Wes-Kaapse Wynlande wys hulle hoef nie vir hul susters in die Noorde terug te staan wat weelde en drama betref nie. Ja, jy het reg gehoor: Die Real Housewives van die Wynlande begin eersdaags wys.

En wie kan dan nou beter raad vir die ses vroue in dié reeks gee as die Pretoriase divas wat in die vorige reeks se 13 episodes meer drama opgeklits het as in ’n Britse bakprogram?

het gaan inloer by die vorige reeks se deelnemers om te hoor hoe hulle ná hul deelname aan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot5 min read
’n Vuurwarm Deurbraak
IN DIE gesinskamer van die Ehlers-huishouding het Mienke en haar sussie destyds gereeld konsert gehou vir hul ouers. Hierdie huiskonserte het die 13-jarige Mienke laat besef sy wil eendag ’n aktrise word. Veertien jaar later sou Mienke (27) en haar p

Related