OF JY nou van hulle hou of nie, jy kan hulle nie ignoreer nie. Veral as byna 3 000 van hulle jou rustige dorpie oorneem.
“Hulle” is daardie blou karakters bekend as die Smurfs. En onlangs het duisende op Landerneau, Frankryk, soos hul gunstelingmannetjies aangetrek. Papa Smurfs met hul wit baarde was daar by die dosyne, so ook hordes Mama Smurfs,