Patatsop met klapperroom
Hierdie eksotiese sop vra vir basiese bestanddele wat in die meeste koskaste is. Klapperroom en klappermelk is by enige supermark te koop. Moenie huiwer om daarmee te kook nie – ’n paar lepels daarvan kikker menige sous, bredie of sop in ’n kits op.
■ 30 ml olie
■ 1 groot ui, fyngekap
■ 2 knoffelhuisies, fyngekap
■ 3 stele seldery, fyngesnipper
■ 1,2 kg patats, geskil en in blokkies gesny
■ 7 ml komyn
■ 7 ml koljander
■ Sap van 1 suurlemoen
■ 1,5 liter hoenderaftreksel
■ 1 blik (340 g) klapperroom
■ Sout, swartpeper en vars suurlemoensap na smaak
■ Vars koljanderblare, om af te rond
Verhit die