![f0034-01](https://article-imgs.scribdassets.com/3vdygdhxxcav3tw3/images/fileJ8CTPDK4.jpg)
KLA jou rug wanneer jy die skottelgoedmasjien pak? Is daar ’n stekie in jou nek wanneer jy bestuur?
Ons almal ontwikkel stywe litte en knaende beserings namate ons ouer word. En dan is daar nog die alewige risiko dat ’n mens kan val.
Tog hoef jou silwerjare nie ’n seer afdraande reis te wees as jou gesondheid meestal op koers is nie.
Dit vat nie altyd baie moeite om jou lyf in ’n werkende toestand te help hou nie. Daar is maklike oefeninge wat jy by die huis kan doen en wat die wêreld se verskil kan maak.
As jy dié