Landbouweekblad

Top Angus-teler se onfeilbare wenstelsel

Om ’n topvleisbeesteler te wees, moet ’n mens weet watter tipe dier jy wil teel en wat jou doelwitte is, en daarvolgens jou bloedlyne kies. In ’n suksesvolle stoetery moet daar ’n gesonde balans wees tussen teelwaardes, fenotipes en bloedlyne. “Dit is waarna ons streef en waarom die DNS van alle geregistreerde diere wat gebore word, volledig ontleed en hul ouerskap getoets word.”

Só sê mnr. Seymour Currie, eienaar van Joyce’s Angus, wat op Wolwedans, een van sy plase by Klipheuwel, bedryf word. Hy en sy kuddebestuurder, mnr. Willem (Worsie) Swart, hou die leisels van een van die Wes-Kaap en waarskynlik Suid-Afrika se toonaangewendste Angus-stoeterye – ’n ware teler van kampioene.

Op Wolwedans is dit uit die staanspoor duidelik dat Currie volgens vaste riglyne teel en niks aan die toeval oorlaat nie. Hy teel ook nét Angusse – aanvanklik net swart en later ook rooi Angusse. Hy het in 1991 kommersieel met Angusse begin boer en die stoetery Joyce’s Angus is in 2010 by SA Stamboek geregistreer. Tans bestaan die totale kudde uit meer as 1 000 swart en rooi Angusse.

Twee vaste riglyne word nougeset in die boerdery gevolg, naamlik om die ideale geboortegewig en ’n puik speengewig te handhaaf. Dit is ook riglyne wat belangrik is vir die SA Angus-beestelersgenootskap.

“Ons probeer deurgaans

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc

Related Books & Audiobooks