Huisgenoot

PARADYSE VAN KUNS

WAT koop jy vir jouself as jy reeds elke moderne gerief en luuksheid onder die son besit?

Vergeet tog van peperduur motors en seiljagte – iets wat werklik bewys jy is skatryk eerder as net gewoonweg ryk, is ’n privaat eiland net vir jou kunsversameling.

Fliekgangers wat die Netflix-rolprent Glass Onion met Daniel Craig gekyk het, het hulle verkyk aan die verruklike eilandbestemming waar die tegnomagnaat Miles Bron sy meesterstukke van miljoene bêre – maar “kunseilande” is al lank ’n werklikheid onder dié wat dit kan bekostig.

Die Russiese kunsmismiljardêr Dmitri Ribolowlef is glo onder dié wat hul versameling iewers op ’n eiland afgesonder wil hou. Die oliegarg en meerderheidseienaar van AS Monaco-sokkerklub bou glo ’n oord op Skorpios, ’n Griekse eiland wat hy sedert 2013 besit deels om sy talle kunsskatte te huisves, teen $200 miljoen (R3,6 miljard).

Die plesiere van ’n eilandgalery – hetsy afgeslote of oop vir die publiek – is al goed gevestig in internasionale kunskringe.

“Wanneer jy per boot na die eiland reis, is daar iets wat in jou kop gebeur: Jy is oop vir nuwe idees, nuwe gedagtes,” sê Charles Carmignac, wie se familieversameling in ’n villa aan die Mediterreense eiland Porquerolles gehuisves word.

“Jy is nie in ’n onrustige bui soos wat jy dalk sou wees as jy jou in die middel van ’n stad sou bevind nie.”

Charles is die seun van die 75-jarige Edouard Carmignac, een van Frankryk se suksesvolste – en glansrykste – batebestuurders. Edouard die “rockfinansier” genoem nadat hy die Rolling Stones vir ’n optrede op ’n privaat partytjie in 2012 bespreek het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot4 min read
Roes
JY HET sekerlik al ’n kis vol ou gereedskap gesien, of dalk ’n kar wat jare lank buite gestaan het? Jy sal opmerk hoe dele van die metaal se kleur begin verander of begin afskilfer het. Wanneer metale verweer of tot niet gaan, word dit korrosie genoe

Related