Dolmades en diesel: ’n Griekse swerftog
Laat in Oktober groet ons Bulgarye en ry Griekeland by die Makaza-Nymphaea-grenspos binne. “Kalimera, waarheen is julle op pad?”vra die doeanebeampte. Hy gaan die Carnet de Passage vir Kukuza, ons Hilux, na en glimlag. “Geniet dit! Griekeland is die beste!”
Ons is opgewonde om die volgende ses weke die somer se laaste sonstrale hier in Zeus se agterplaas na te jaag. Maar aarde, ons Griekelandreisplan is vólgepak!
Die Makazapas lei ons teen die platorand af en terwyl ons daal, verander die plantegroei en klimaat byna dadelik. Naaldbome maak plek vir bossieveld, dit raak warmer en selfs die lug ruik anders.
Ons lê die 1 000 km Athene toe oor twee dae af. Ons bly in die kunsvoorstad Exarcheia en maak ’n afspraak om Kukuza ’n slag te diens. Die 3 400 jaar oue metropool Athene lê in alle rigtings. Die meeste geboue is roomkleurig geverf, lemoenboomlanings verfraai die strate en oral sien jy seilafdakkies in wit-en-blou en wit-en-groen strepe.
Daar is kwalik ’n meer ontspanne nasie onder die son as die Grieke! Dis asof die ganse stad geen haas het nie – dis ’n konsentrasie restaurante, kroeë en koffiewinkels waar mense, wel, sit en mense kyk. Trouens, die Grieke is só lief vir dié tydverdryf dat hulle selfs ’n woord daarvoor het: peratzatha.
Athene is groots. Dis die geboorteplek van filosofie en demokrasie en ook die tuiste van die Akropolis en die befaamde Parthenon. Nietemin heers hier ’n luilekker vakansiegevoel. Ons het die Plaka, ’n woelige, geskiedkundige distrik, besoek, in die dakkroeë van Monastiraki ouzo gedrink, in Kolonaki ons vol gyros
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days