DIS laatnag, maar die motors staan steeds bankvas geparkeer voor die ou Victoriaanse huis in Dorpstraat. Binne doef-doef die musiek en die partytjiegangers raak al hoe luidrugtiger.
Die dramastudente wat die huis deel het rede tot viering: die openingsaand van hul toneelstuk, Piet my vrou, by die Drostdy Teater was ’n dawerende sukses.
Dis omtrent ’n bonte hutspot van mense. Edgar, wat pas aangekom het, staan en drink ’n bier terwyl hy die roesemoes gadeslaan. Iemand het ’n uitnodiging in sy hand gestop in die foyer ná afloop van die opvoering, en hier is hy nou.
“Haai, gorgeous! Moenie daar staan soos ’n soutpilaar nie, kom ons dans.”
’n Oulike rooikop trek aan sy arm. Sy praat hard om bo die luide musiek gehoor te word. “Ek is Isobel. Met ’n ‘o’. En jou naam is…?”
“Edgar. Baie geluk, ek het Piet my vrou vreeslik geniet,” sê hy. “Dit was vrek snaaks.”
“Dankie. O, jy het my nogal herken. Baie