Landbouweekblad

’n Liefdesbrief aan die Baviaanskloof

Soos ’n liefdesbrief aan ’n beminde het Magriet Kruger haar liefde vir die unieke vallei waar sy en haar man, Pieter, die eienaars is van die Zandvlakte- private natuurreservaat, neergepen en omskryf.

“Hierdie boek, Plants of the Baviaanskloof, is die eerste veldgids wat die plante in die Baviaanskloof en Kougaberge opgeteken het. Dit bevat sowat 2 050 foto’s en sketse, met ongeveer 1 000 plantspesies wat omskryf word.”

Magriet het die boek saam met Douglas Euston-Brown, ’n onafhanklike botaniese konsultant, saamgestel.

Dié plantstreek is in 2004 as deel van die Kaapse Blommeryk-wêrelderfenisgebied ingelyf. Die biome wat gedek word, sluit in die Knysnawoud, grasveld, renosterveld, Kaapse fynbos, sukkulente valleibosveld en subtropiese plantegroei.

Dit strek oor 10 000 km van die weste van Uniondale en Willowmore tot aan die ooste by Patensie en Loerie, en van die berge noord van die Langkloof en suid van Steytlerville. ’n Volledige plantlys vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related