Dit is ’n vars, windlose lenteoggend wanneer ons die Karwyderskraalen Swartrivierpad tussen Hermanus en Botrivier aanpak. Die Overbergse graanstreek is deurkruis met baie paaie waar voëlkyk uitsonderlik kan wees. Saam met ons is ’n Britse egpaar wat die voëls van die streek wil besigtig.
Sommer by die eerste bult op die Karwyderskraalpad begin die aksie met groot getalle wildemakoue wat in die pas geoeste landerye vreet. Die eerste van baie pare gewone bontrokkies jag insekte van die plaasdrade. Die kameras werk nou oortyd en ek is altyd