Landbouweekblad

Wetteloosheid, vrees en boendoereg

LIGGING KWAZULU-NATAL

INLIGTING KwaZulu-Natalse Middelland

Die boer uiter ’n vloekwoord toe ’n hoëkaliberkoeël naby sy kop verbyfluit en die kant van ’n voertuig tref, slegs ’n meter of wat van hom af geparkeer. Mnr. Piet le Roux (’n skuilnaam) en sowat 30 mede- kommersiële boere en ander grondeienaars in die KwaZulu-Natalse Middelland soek skuiling. Hulle probeer hulself beskerm teen ’n genadelose koeëlreën van vasberade veediewe. Dié diewe is soos die rowers van Amerika se ou Wilde Weste – hulle weier om oor te gee sonder ’n bakleiery.

Hierdie skermutseling tussen kommersiële en kommunale vee-eienaars van die KwaZulu-Natalse Middelland en groepe hoogs georganiseerde, swaar gewapende veediewe, raak die nuwe normaal. Die veediewe is vasbeslote om die vee wat aan ander behoort, onwettig af te rokkel. Hulle maak boonop ernstig beswaar teen enige owerhede en wetsgehoorsame burgers wat die gesteelde vee probeer terugkry.

Le Roux sê dit is die uitsondering dat ’n klein groep plaaslike polisiebeamptes ’n poging sal aanwend om die gesteelde vee terug te kry. As veediewe die eerste skote na hul agtervolgers vuur, is die algemeenste gevolg wettig geregverdigde vergeldingsvuur deur vee-eienaars, private sekerheidsbeamptes en van die dapperder polisiebeamptes.

Die oorblywende polisiebeamptes soek dikwels skuiling as die skote begin afgaan. Le Roux vermoed dit kan wees weens onvoldoende taktiese opleiding, beperkte ammunisie en moontlik selfs ’n totale gebrek aan wil of belangstelling om dinge te doen wat polisiebeamptes verplig is om te doen.

“Tien jaar gelede het baie min veediewe wat in ons streek bedrywig was, vuurwapens gedra. Ook in daardie tyd

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Droog Rosyne Aan Stokke Vir Minder Risiko’s
Hoë insetkoste en boerderyrisiko’s kan enige soort boerdery wurg in sy strewe om wins te maak. Daarom moet ’n boer voortdurend nuwe planne maak om vooruit te boer. ’n Boer maak immers ’n plan. Rosyntjieboere langs die Oranjerivier wat die ideale droë

Related