Landbouweekblad

Droog rosyne aan stokke vir minder risiko’s

Rosyntjieboerdery

Hoë insetkoste en boerderyrisiko’s kan enige soort boerdery wurg in sy strewe om wins te maak. Daarom moet ’n boer voortdurend nuwe planne maak om vooruit te boer. ’n Boer maak immers ’n plan.

Rosyntjieboere langs die Oranjerivier wat die ideale droë klimaat vir songedroogde rosyne het, ontkom ook nie aan die aanslae nie, veral weens swaar reën wat hulle soms onkant betrap, ten spyte daarvan dat dié omgewing meer droë as baie nat tye ervaar.

Hul planne is ’n kombinasie van organiese rosyne, wat hulle 20-30% meer geld in die sak bring, en om die druiwetrosse aan die stokke te laat droog word.

Twee van die voorlopers met dié konsep in Suid-Afrika is die broers Johan en Francois Slabber wat saam in die Crescendo-trust by Grootdrink met rosyntjie- en wyndruiwe en lusern boer. Hul pa, Pieter, is in 1998 oorlede. Hul broer George het toe al saam met sy pa geboer, Johan het by ’n kunsmismaatskappy gewerk en Francois was ’n student aan die Universiteit Stellenbosch. Johan het toe uit sy werk bedank en Francois het sy studie laat vaar, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad2 min read
Graandiefstal Neem Toe: Mark Begin Aanpas
MET die somergraanoes in volle gang word graandiewe slinkser en gesofistikeerder. Minstens drie vragmotorbestuurders is al in die verlede in kapings van graanvragte dood, en prostitute word ál meer in sindikate ingespan. Wimpie Nel, spesialisondersoe
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc