Landbouweekblad

‘Ons is reeds by Amerikaanse opbrengste’

Die wêreld se graanrekords is meer binne die bereik van Suid-Afrikaanse boere as wat party mense dink, sê mnr. Hannes Bruwer (38) van Hopetown, wat ál nader aan die internasionale mielie- en koringrekords kruip. Op die land waar hy verlede jaar die hoogste mielie-opbrengs van 23,361 t/ha onder besproeiing in Graan SA se Groei vir Goud-opbrengskompetisie behaal het, het die stroper se opbrengsmonitor soms verby 30 t/ha geskiet.

Bruwer is in beheer van die Genadeboerdery by Hopetown. Die familieboerdery het ook plase by Douglas waar sy pa, Vickie, en broers, Gerhard en Vickie jr., boer. Gerhard was in 2021 die Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar. Die boerdery het al Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-prys ontvang.

Al is hul verbouingsmetodes toegespits op die maksimum opbrengs ter wille van die hoogste wins op elke land, is die wêreldrekords vir mielies en koring wel in die agterkop. Hannes is weer bemoedig deur die opbrengs van meer as 30 t/ha wat plek-plek deur die stropermonitor aangedui is op die 70 ha-spilpunt waar die wenopbrengs van 23,361 t/ha behaal is.

“Dit is relatief ver van die wêreldrekord van 38 t/ha wat met dieselfde kultivar in Amerika opgestel is, maar die Amerikaners stroop hul mielies teen ongeveer 16,5% vog. By ons word dit deur die graansilo’s tot 13,5% beperk. Vir elke 1% vog kan jy 1% by die gewig tel. Op 30 ton is dit sowat 3 t/ha ekstra. Tel dit by 30 ton, dan behaal ek met die vogaanpassing reeds oeste gelykstaande aan die Amerikaners se 33 ton. Ons kan dus met hulle saamgesels.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh