Wisselbou met lusern, koring sorg vir mieliesukses
Die WJ van Bergenboerdery het verlede seisoen die hoogste opbrengs met mielies onder besproeiing in Suid-Afrika behaal in ’n deel van die Noord-Kaap waar uiterste toestande uitsonderlike bestuursvermoëns van ’n boer verg om die beste prestasies te behaal. Aan sulke eienskappe ontbreek dit nie by die span mense wat vir hierdie mooi vertoning verantwoordelik was nie.
Die opbrengs van 18,238 t/ha het die boerdery ook tweede in Graan SA se Groei vir Goud-opbrengskompetisie geplaas.
Die blok mielies waarvan die wenopbrengs geoes is, behoort aan mnr. Wim van Bergen (69) van die plaas Backhouse net buite Douglas.
Sy seuns, Jouke en Rossouw, boer ook in die distrik; onderskeidelik onder die boerderyname Jepco en Backhouse-landgoed. Hoewel elkeen sy eie grond het, ondersteun hulle mekaar waar nodig.
’n Neef, mnr. Dolf Swiegers, behartig die tegniese aspekte van Wim, Jouke en Rossouw se mielie- en koringboerderye, waaronder die vestiging van die oeste, besproeiing en bemesting. Oorkoepelend bly die drie eienaars in beheer.
Die verskillende familielede verbou mielies, koring, lusern en pekanneute – alles onder besproeiing. Almal se grond lê langs die Vaal- en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days