Fokus GROEI VIR GOUD
Vanjaar se wenners in die sojaboonafdeling het almal die kerf van 5,5 t/ha verbygesteek. Dit kom op die rug van ’n uitskietjaar vir sojabone waarin die grootste sojaboonaanplanting nóg in Suid-Afrika gemaak is en ’n nasionale rekordoes van 2,775 miljoen ton – 24% meer as verlede jaar – behaal is.
“Ek dink nie almal besef altyd wat dit verg om sulke opbrengste te behaal nie. In Suid-Afrika is ons nie so bevoorreg om te kan staatmaak op subsidies en ondersteuningmeganismes nie. Dit beteken ons moet uiters doeltreffend wees,” het dr. Dirk Strydom, hoof van