FOKUSGROEI VIR GOUD
Met kompetisies soos Groei vir Goud word die grense verskuif van wat bereik kan word.
Só het Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, op die prysuitdeling van vanjaar se Groei vir Goud-kompetisie gesê. In dié kompetisie ding boere in verskillende kategorieë teen mekaar mee met hul mielie-, sojaboon- en sonneblomopbrengs.
“Dit is noodsaaklik dat ons bly vooruitstreef, anders stagneer ons.”
Dat Suid-Afrikaanse mielieboere vooruitgang maak, blyk uit die feit dat vyf van die grootste mielie-oeste in die geskiedenis in die afgelope sewe jaar behaal