Huisgenoot

VAN SUKKELAAR TOT SUPERHELD

‘BAIE VAN ONS HET GEDINK DIT SOU SKYNHEILIG WEES OM NIE ONS KINDERS AAN DAGGA EN SULKE GOED TE LAAT MEEDOEN NIE. DIT WAS ’N ONNOSEL STAP. EK IS NET BLY HY IS HIER’

HY WAS net ses jaar oud toe hy die eerste tree gegee het op sy chaotiese pad na dwelmverslawing en die tronk.

Robert Downey jr. het ’n sluk witwyn by sy gesin se huis in New York gevat. Sy pa het hom betrap. Maar pleks daarvan om die glas by sy jong seun af te vat, het hy vir hom ’n daggazol in die hand gestop en gesê hy moet eerder daaraan trek. Dít was die kultusrolprentmaker Robert Downey sr. se onortodokse benadering tot kindersorg.

Robert sr. was veel minder bekend as sy Hollywoodster-seun wat later sy demone oorwin het om die bes betaalde akteur ter wêreld te word. Die pa was ’n aweregse regisseur wat ook ’n groot deel van sy lewe ’n hopelose dwelmslaaf was.

Jare later het hy erken hy het “’n verskriklik onnosel fout” gemaak deur vir sy sesjarige seun dwelms te gee. Maar soos getoon word in ’n nuwe dokumentêr wat drie jaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related