Dis te verstane dat kinders graag televisie kyk. Dit neem hulle na plekke waar hulle nog nooit was nie; dit leer hulle van diere wat hulle waarskynlik nie in die plaaslike dieretuin te sien kry nie en vertel hulle van kulture ver buite jul dorp en land se grense. Sommige programme kan kinders selfs goeie maniere leer. Maar dit beteken nie dat hulle heeldag voor die kassie vasgenael hoef te sit nie.
Ons bekyk die voor- en nadele van ’n medium wat ongetwyfeld ’n reuse-invloed op die jongspan het.
DIE goeie NUUS
■ Opvoedkundige programme en DVD’s kan jou kind baie leer, van hoe om te onderskei tussen kleure en