Baba & Kleuter

Eina!

SNYE EN SKRAPE

Gewoonlik strek ’n skraap oor ’n groterige oppervlak, maar dis nie baie diep nie. Dis wel seer omdat dit so groot en rou is. Snye is ook gewoonlik nie te ernstig nie.

Maak die wonde goed skoon met water en ’n stukkie gaas waarop ’n ontsmettingsmiddel soos Savlon (met water verdun!) gedrup is. Maak seker dat geen vuiligheid in die wond agterbly nie. Stukkies kan met ’n haartangetjie verwyder word.

Los klein skrapies oop sodat dit vinnig droog word.

As die skraap op ’n plek is waar jou kind se klere dit kan skaaf, smeer ’n ontsmettingsalf aan en plak ’n groot pleister op.

Op snye kan jy ’n ontsmettingsalf soos Polysporin aanwend en die twee kante van die sny met ’n pleister na mekaar toe trek. Pleisters help die wond skoon hou. Vervang die pleisters elke dag en hou die sny skoon en droog. Wanneer ’n rofie gevorm het, is ’n pleister onnodig. Moenie dat jou kind die rofies afkrap nie.

As ’n sny baie bloei, kan jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related Books & Audiobooks