Baba & Kleuter

A-Z van BABASORG

A VIR APGAR

Apgar is ’n internasionale maatstaf wat bepaal hoe goed jou baba net ná geboorte vaar. Jou baba word een minuut en weer vyf minute ná geboorte vir die volgende getoets: spiertonus, pols, reaksie op prikkels, voorkoms, velkleur en asemhaling. ’n Apgar-telling van 7 tot 10 is normaal.

B VIR BRANDBOUDJIES

Sommige babas kry maklik luieruitslag – ’n rooi uitslag op en om die boudjies, geslagsdele en in die voue van die been. Die beste medisyne is voorkoming: gehaltedoeke en goeie skermroom wat ná elke gereelde doekruiling aangewend moet word. Onbehandelde luieruitslag kan ontsteek en bloei.

C VIR CANDIDA

Candida staan ook as sproei bekend en is ’n swaminfeksie in jou baba se mond, op die doekarea of op die magie. Dit kan met borsvoeding van ma na baba oorgedra word. Die infeksie vorm ’n witgrys lagie op die tong wat nie maklik afgevee kan word nie en kan begin bloei. ’n Ernstige infeksie kan veroorsaak dat jou baba moeilik sluk. Die doekarea sal baie rooi met klein rooi spikkeltjies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter6 min read
Mamma, Is Ek Vet?
Kinders van vyf wat eetversteurings het? Ja, sê navorsers aan die Universiteitskollege van Londen se instituut van kindergesondheid, wat ’n studie onder kinders tussen vyf en 13 jaar oud gedoen het. Hulle het bevind dat drie uit elke 100 000 kinders
Baba & Kleuter2 min read
V & A MES & VURK
E-pos jou vrae aan SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. My dogtertjie is drie en ’n half jaar oud. Moet sy al met ’n mes en vurk kan eet? Sy sukkel nogal en ek sien sy raak dan gefrustreerd en vat somm

Related