Weg!

Laat die Berg jou betower

Kom baljaar by The Cavern

– Jon Minster

Toe ek ’n tienjarige seuntjie was, sou ’n dag by The Cavernvakansieoord só verloop: By ontbyt eet jy al die dinge wat julle nooit by die huis kry nie; Daarna sluit ons gesin by die groep op die grasperk aan vir ’n uitstappie na ’n wonderlike plek soos die Echo-grot. Daar bedien die gids tee en koekies uit ’n rugsak; Terug by die hotel is dit tyd vir middagete (en roomys!), gevolg deur krieket op die rolbalbaan; Later breek teetyd aan (nóg koekies!), en dan speel ons tafeltennis totdat dit tyd is om netjies aan te trek vir aandete; En ná so ’n volgepakte dag raak jy gewoonlik tydens die aand se rondte bingo aan die slaap.

Dis nou dertig jaar later en ek neem my seuns – onderskeidelik sewe en nege jaar oud – na The Cavern toe. En raai wat? Alles is nog presies dieselfde. Dis ’n voorreg om van my beste herinneringe met my kinders te deel, om die verwondering op hulle gesigte te sien wanneer ons die Fern Forest die eerste keer besoek en om saam van die omgewing se mooiste staproetes baas te raak.

Net soos die Wildekus het die Drakensberg ook ’n paar legendariese gesinshotelle. The Cavern is in die Noordelike Drakensberg, naby die Koninklike Natalse nasionale park en die Amfiteater. Dit dateer terug na 1941 toe Ruth en Bill Carte ’n plaas hier gekoop het. Hulle het gou besef dat dié stuk grond aan die bopunt van ’n vallei met ’n muur van berge reg rondom nie vir ’n beesboerdery geskik was nie, maar ’n mooi bestemming vir besoekers kan wees. En Bill het ’n visie gehad: “Our work is to create beauty, to make the land more fertile, to make our living, to leave the world better than when we came into it.”

Agt dekades later bestuur die Carte-familie steeds The Cavern. Dis ’n tydlose plek, ’n oase waar ’n mens na aan die natuur voel met gerieflike verblyf en voortreflike geregte.

’n Mens herontdek die vreugdes van in die veld stap, lawwe speletjies speel, oor stroompies spring en plaashonde se koppe streel. En die personeel staan reg om seker te maak jy kom niks kort nie. Dis ’n plek waar jy kan kom rus, en weer ’n slag die bande met jou mense versterk.

Koste Vanaf R1 200 p.p. (dit sluit alle etes en die meeste van die aktiwiteite in). Afslag geld vir kinders en daar’s gereeld spesiale aanbiedings vir gesinne – hou die webwerf dop.

Kontak ; 036 438 6270

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related