WAATLEMOENSLAAI MET FETA, KOMKOMMER EN KRUISEMENT
Een van die maklikste en verfrissendste somerslaaie wat ek ken. Sorg dat die waatlemoen (ek gebruik graag die kroon van die waatlemoen hiervoor) kraakvars en yskoud is en drup die slaaisous net voor ete oor.
■ Halwe middelslag-waatlemoen, in blokkies gesny
■ 2 groot hande vol gemengde slaaiblare
■ 1 groot hand vol wilde roketblare
■ 1 komkommer, in die lengte gehalveer en pitte uitgeskraap
■ 2-3 wiele fetakaas, grofgebreek
■ 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
■ 80 ml kruisementblare
Slaaisous
■ 30 ml fyngekapte basiliekruidblare
■ 60