Huisgenoot

BRAVO VIR AVO!

OOSTERSE AVOKADO-EN-SORGHUMSLAAI

Die avokado saam met die sorghum in hierdie slaai verseker dat die maaltyd vullend en gesond is. Hoe langer die slaai in die yskas staan, hoe lekkerder raak dit – voeg net die slaaiblare by nét voor voorsit.

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS ’N LIGTE MAALTYD

BEREIDING: 15 MIN.

MARINEER: 30 MIN.

SLAAI

◖ 750 ml (3 k) sorghum, gaar gekook, goed gedreineer en afgekoel
◖ 1 komkommer, in klein blokkies gesny
◖ 100 g geroosterde amandels, grofgekap of heel (opsioneel)
◖ 4 stingeluie, gekap
◖ 1 rooi-ui, in klein blokkies gesny
◖ 2 avokado’ s, in blokkies gesny
◖ ’n hand vol vars koljanderblare, gekap

SLAAISOUS

◖ 60 ml (¼ k) sterk rooibostee sap van 2 suurlemoene of
◖ 60 ml (¼ k) ryswynasyn
◖10 ml (2 t) bruinsuiker
◖ 15 ml (1 e) vissous (opsioneel)
◖ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◖ 5 cm-stuk vars gemmer, gerasper
◖ 1 rooi brandrissie (opsioneel)
◖ 60 ml (¼ k) sesamsaad, gerooster

AFRONDING

◖ 1 kop slaaiblare van jou keuse
◖ 1 avokado, in skyfies gesny en ’n bietjie suurlemoensap of asyn oorgedrup

1 Slaai Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak.

Klits alles goed saam, giet oor die slaai en meng liggies. Bedek die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related