DIT lyk of ’n spul kleuters eers ’n sak suiker ingekry het, daarna met merkpenne bewapen is en toe in die huis losgelaat is. Elke vloer, muur, meubelstuk en selfs die plafon is met kronkels, krulle en ander vorms oortrek.
Maar dis nie stoute handjies wat hier doenig was nie. Dis die resultaat van ’n twee jaar lange projek deur die krabbelkunstenaar Sam Cox, oftewel “Mr. Doodle” – en dit alles danksy die inperking in Brittanje.
Terwyl Sam (28) se bure en vriende piesangbrood gebak en Netflix gekyk het om die dae te verwyl, het hy en sy kunstenaar- vrou, Alana Kutsenko – ook bekend