DIS OORLOG – NOG STEEDS …
Die jaar het begin met oorlog – en teen druktyd het dit gelyk of dit die nuwe jaar ook sal inlui.
In Februarie het Rusland se pres. Wladimir Poetin sy buurland binnegeval en sy missiele op Oekraïne laat reën.
Die wêreld is aangegryp deur beelde van miljoene vlugtelinge wat oor die grens na veiligheid stroom, maar die Kremlinbaas het hom klaarblyklik misgis met die Oekraïners se dapperheid onder leiding van pres. Wolodimir Zelenski. Daar is steeds daagliks nuus van dood en verwoesting, massagrafte en trauma – maar ook van die Oekraïners se heldemoed en opoffering om die Russiese beer in sy spore te