Huisgenoot

20 JAAR SE LIEF & LEED

AAN die beginvan2020kanonsterugkyk op twee dekades wat ’n stewige dosis drama opgelewer het. Van die Hansie Cronjé-knoeierysage tot natuurrampe en terreuraanvalle wat derduisende lewens geëis het. Hier is 20 van die afgelope 20 jaar se groot nuusgebeure.

1 2000 DIE VAL VAN DIE GOUE SEUN

Hy het sportgeskiedenis gemaak as die man wat in sy sewe jaar as Proteakaptein sy span in ’n rekord van 53 toetse en 138 internasionale eendagwedstryde aangevoer het. Maar toe val die goue seun. Op 7 April 2000 het die Delhi-polisie Hansie Cronjé daarvan aangekla dat hy in sy span se eendagwedstryde in Indië ’n maand vroeër geknoei het – vir omkoopgeld.

Hansie het eers volgehou dis onsin, maar vier dae later het hy Ali Bacher, destydse besturende direkteur van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, drieuur die oggend gebel en gebieg: “Ali, ek was nie heeltemal eerlik met jou nie.”

“Die duiwel” het hom dit laat doen, het hy in ’n faks aan Ray McCauley, hoof van die Rhema-Bybelkerk, gesê.

Voor die King-kommissie van ondersoek het die een skokonthulling ná die ander uitgekom: hoe Hansie spanmaats soos Herschelle Gibbs en Henry Williams geld aangebied het om swak te speel en dat hy honderdduisende rande van beroepswedders ontvang het. In Oktober 2000 is hy lewenslank uit krieket geskors. Twee jaar later, op 1 Junie 2002, het die nuus gekom: Wessel Johannes “Hansie” Cronjé (32) het in ’n vliegongeluk in die Outeniekwaberge by George gesterf.

2 2001 AMERIKA SE DONKERSTE DAG

Op 11 September 2001 het mense wêreldwyd voor hul kassies sit en staar na ’n vliegtuig wat op die tweede toring van die World Trade Center in New York afpyl terwyl die eerste toring ontplof en ineenstort. In die dodelikste terreuraanval ooit op Amerika het 19 ekstremiste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related