Huisgenoot

GROOTSTE NUUS 2020

DAT één onderwerp vanjaar die nuus – en ons gesprekke – oorheers het, kan niemand ontken nie. Nog baie lank sal 2020 onthou word as die jaar van die pandemie. En daarmee saam sal ons ’n klomp ander woorde en dinge onthou: die coronavirus, maskers, sosiale distansiëring, handontsmetmiddel . . . Die werklikheid en woordeskat van covid-19 en die inperking sal ons nooit vergeet nie.

Maar dis nie ál wat vanjaar gebeur het nie – ook ander groot nuusgebeure het die land in hierdie uitdagende jaar geboei. Ons kyk terug na van die ander gebeure wat ons altyd sal bybly.

Drie gesinne is so te sê uitgewis

GESINSTRAGEDIE IN DIE KALAHARI

Dit was veronderstel om ’n sorgelose droomvakansie in die Kalahari te wees ná byna vyf maande van die inperking. Maar toe ’n brand die luukse grasdakvakansiehuis Blinkwater Desert Place Manor in die vroeë oggendure van Sondag 16 Augustus verswelg het, is drie gesinne van Ceres en die Koue Bokkeveld so te sê uitgewis.

Van die ses volwassenes en sewe kinders wat die vorige aand nog vrolik saamgekuier het, het net Wilmien Davin (37) en haar babaseuntjie, Ben (18 maande), en Madelein Bauer (36) die brand naby die Kgalagadi-oorgrenspark oorleef.

Wilmien se man, Frans, en hul twee oudste kinders, Frans jr. (5) en Iza (3), is oorlede, asook Madelein se gesin – haar man, Stefan (39), en dogters, Inge (7) en Elré (4). Die hele Carstens-gesin – Hendri (38), Dané (32) en hul seuntjies, Pierre-Johan (5) en Magiel (3) – is oorlede.

Die land is geruk deur dié ondenkbare tragedie en die hartverskeurende lewensverlies, en meegevoel vir Wilmien en Madelein het van oraloor opgeklink.

Die oorsaak van die brand is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related