Landbouweekblad

JAG VIR DIE POT

Wildsvleis-Wellington

Beesvleis-Wellington is ’n luukse bederf, maar as jy ’n wildsfilet of twee in die vrieskas het ná die jagseisoen, maak dit gerus daarmee. Die ryk patee en deeg keer dat die filet uitdroog en die geur van die wildsvleis is die ster van die gereg. Ek het ’n koedoerugfilet gebruik, maar enige groter boksoort se rugfilet sal werk.

• 1 stuk koedoefilet van ongeveer 1,2 kg
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• Olyfolie en botter, vir braai
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 rooi-ui, fyngekap
• Paar vars tiemietakkies, blaartjies afgestroop en fyngekap
• 200 g sampioene, baie fyn gekap
• Goeie skeut rooiwyn
• 500 g klaargemaakte skilferkorsdeeg
• 200 g hoenderlewerpatee of wildspatee
• 1 eier, geklits

Geur die filet goed met sout en peper. Verhit die olyfolie en botter in ’n groot pan en seël die vleis daarin tot egalig goudbruin buite-om. Haal die filet uit die pan en laat afkoel. Braai die knoffel, ui en tiemieblaartjies stadig in dieselfde pan tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die rooiwyn by en braai tot al die wyn afgekook en die sampioenmengsel droog gekook is. Skep uit die pan en laat goed afkoel.

Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Smeer ’n laag hoenderlewerpatee (of wildspatee) egalig oor die filet. Smeer nou ’n laag van die sampioenmengsel oor en druk dit goed vas sodat die hele filet met ’n laag daarvan bedek is. Sit die filet op die skilferkorsdeeg neer en vou die vleis netjies daarin toe sodat daar geen openinge is nie. Gebruik enige afvalstukkies deeg vir versiering. Sit die wildsvleis-Wellington op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en verkoel vir 30 minute.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die wildsvleis-Wellington uit die yskas, verf met ’n lagie geklitste eier en bak vir 20-25 minute vir liggaar of 30-35 minute vir mediumgaar. Laat rus vir 10 minute en sny in dik skywe. Lewer 6 porsies.

Wildsvleislasagne

As ek wildsvleis in die winter kry, kook ek altyd genoeg fynvleis van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related