Landbouweekblad

GEE DIT GEUR

SPESERY- MENGSELS &GEURSOUT

Koffie-en-paprikavryfmengsel

Om koffie by ’n geurmengsel vir vleis te voeg, klink dalk vir jou vreemd, maar probeer dit gerus. Die diep, donker smaak van koffie werk wonderlik saam met speserye. Die span in die ateljee het gesmul aan hierdie varktjops. Jy kan die vryfmengsel ook vir hoender-, lams-, bees-of wildsvleis gebruik.

VRYFMENGSEL

• 30 ml sagte bruinsuiker
• 10 ml fyngemaalde koffiebone
• 15 ml gerookte paprika
• 5 ml knoffelsout
• 3 ml varsgemaalde swartpeper
• 5 ml gemaalde komyn
• 3 ml cayennepeper
• 5 ml droë Italiaanse kruie
• 3 ml droë rissievlokkies
• 6 varkneksteaks of -lendetjops, teen kamertemperatuur
• Olyfolie

Meng die suiker, koffie, paprika, knoffelsout en peper saam. Braai die komyn in ’n droë pan tot geurig en roer die cayennepeper, droë kruie en rissievlokkies by. Braai tot geurig en laat afkoel. Voeg die gebraaide speserye by die koffiemengsel. Bedruip die vleis met ’n bietjie olyfolie en sprinkel die vryfmengsel oor elke tjop. Vryf dit lekker aan albei kante van die tjops in. Laat staan vir 30 minute voor die vleis oor die kole of in ’n pan gebraai word. Sit voor met brosgebakte aartappeltjies en koolslaai. Lewer 4-6 porsies.

Maak ’n marinade hiervan en voeg 100 ml olyfolie en 60 ml balsamiese asyn by.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related