Smaaklike sielskos
SITRUSHOENDER
Die nederige hoender kry ’n staande toejuiging in dié heerlike gereg van soet en pikante geure, bros hoendervel en sappige sagte vleis. Wanneer jy weer ’n suurlemoen en ’n lemoen in die kombuis sien rondlê, maak onmiddellik sitrushoender. Die geure is in die pansappe – bedruip die hoender daarmee net voor jy dit voorsit.
GENOEG VIR 4-6 MENSE
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 1 UUR 15 MIN.
• 15 ml (1 e) fyngedrukte droë brandrissies
• 45 ml (3 e) hoendermasala sout en peper na smaak
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 45 ml (3 e) olie
• 8-10 stukke (2,5 kg) hoender
• 1 suurlemoen, in skywe gesny
• 1 lemoen, in skywe gesny
• 60 ml (¼ k) botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 220 °C.
1 Meng die speserye, sout, peper, knoffel en olie in ’n bak en smeer die hoenderstukke goed daarmee.
2 Pak die hoenderstukke langs mekaar op ’n uitgevoerde bakplaat. Plaas die suurlemoen-en lemoenskywe tussen en onder die hoenderstukke. Giet die gesmelte botter oor.
3 Bak 1 uur 15 min. in die voorverhitte oond. Sit voor saam met rys en ’n vars groenslaai.
GARNAALCHAAT
As jy ’n ryk en dekadente garnaalgereg wil hê, hoef jy nie verder te soek nie. Dié romerige, pikante en matig sterk speserysous is vol van die geure
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days