Landbouweekblad

BREDIE EN ANDER PRUTKOS

Varknekkerriemet tamatie en jogurt

As jy hierdie kerrie een keer gemaak het, sal jy dit weer en weer wil maak. Die kombinasie van komyn, kerrie, tamatie en sappige varkvleis is perfek.

• 1 ui, gekap
• 60 ml olie
• 30 ml fyngerasperde vars gemmer
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 5 ml gemaalde koljander
• 15 ml komyn
• 12 ml kerriepoeier
• 1 blik (410 g) tamatiepuree
• Tamatieblik vol water, plus ekstra om aan te vul
• Sout, swartpeper en bruinsuiker na smaak
• 1 kg beenlose varknekblokkies
• 125 ml dik, natuurlike jogurt
• Sap van 1 suurlemoen
• Vars koljander, grofgekap

Braai die ui in ’n oondvaste kastrol in die olie tot sag. Voeg die gemmer, knoffel, koljander, komyn en kerriepoeier by. Braai verder vir ’n minuut of twee tot die speserye lekker geurig is. Voeg die tamatiepuree en water by en verhit tot kookpunt. Proe vir geur en voeg genoeg sout,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related