Huisgenoot

KERRIE TEEN DIE KOUE

BEESVLEISBRIJANI MET BROS UIE

Brijani verg ’n bietjie meer werk, maar dis die moeite werd. Die verskillende elemente van die kerrie word tradisioneel in lagies in ’n kastrol gepak en dan weer gebak sodat die geure lekker deurtrek. ’n Mens kan selfs gaar lensies by die rys voeg om die gereg uit te rek, en hoender, vis of beesmaalvleis kan gebruik word pleks van die beesvleisblokkies.

GENOEG VIR 6-8 MENSE

BEREIDING: 30 MIN.

GAARMAAK: 2 UUR

BEESVLEIS

• 500 g beesvleisblokkies sout en vars gemaalde peper
• 30 ml (2 e) olie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in stokkies gesny
• 2 brandrissies, gekap
• 10 ml (2 t) garam masala
• 15 ml (1 e) brijanimasala
• 15 ml (1 e) geroosterde masala
• 5 ml (1 t) elk borrie, fyn koljander en fyn komyn
• 250 ml (1 k) beesvleis aftreksel
• sout, na smaak

RYS

• 30 ml (2 e) botter
• 1 lourierblaar
• 1 kaneelstok
• 2 kardemompeule
• 2 naeltjies
• 500 ml (2 k) basmatirys, goed afgespoel en ge-dreineer
• 6 x 250 ml (6 k) water
• 2,5 ml (½ t) sout

BRIJANI

• 4 uie, in skyfies gesny en in ’n bietjie olie gebraai tot bros
• 60 ml (¼ k) amandel vlokkies
• vars koljanderblare, gekap

Hou ’n oondvaste kastrol met ’n noupassende deksel en ’n vel bakpapier byderhand.

Geur die beesvleisblokkies met die sout en peper. Verhit die olie in die kastrol en braai die vleis tot bruin. Skep uit en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related