Avontuur Afrika

'n Klein liggie aan die einde van die tonnel

Toe ek verlede jaar as joernalis begin werk het, was ek bevoorreg om deel te wees van ‘n toer deur Suid-Afrika saam met Kia Suid-Afrika – voorwaar ‘n wonderlike geleentheid waarvan menige aspirantreisjoernalis bloot kan droom. Ons sou ‘n massiewe reis deur die land onderneem om sewe stede in sewe dae te besoek. Die doel van die Kia Seven7 Drive – soos hierdie inisiatief genoem word – is om pediatriese onkologie sale te besoek en geskenke vir die pasiënte af te lewer. Die 2021-reis was ‘n mylpaal-oomblik in my lewe en dit het my van die stryd wat hierdie pasiënte, hul families en die gesondheidswerkers wat sy-aan-sy saam met hulle veg bewus gemaak. Ek het my hart op die Seven7 Drive verloor en het myself belowe om die res van my lewe, op een of ander manier, deel te wees daarvan.

Die beginpunt

Op 20 September vanjaar het ek en ons toerleier, Danie Botha, mekaar by Kia se hoofkantoor in Edenvale ontmoet, vanwaar ons die 2022-reis begin het. Die eerste been was ‘n relatief maklike rit na Suid-Afrika se derde mees bevolkte stad, Durban. Dit het katte en honde gereën toe ons die stad via die N3 binnegery het. Ons het nietemin na die Parklands Hospitaal gery om die eerste geskenke af te laai. By die pediatriese onkologiesentrum is ons deur ‘n klein seuntjie wat van die pyn gehuil het, terwyl ‘n verpleegster probeer het om bloed te trek, begroet. Hy was nie veel ouer as agt of nege

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
My Ryding & Ek
Stuur foto’s van jou en jou ryding na: info@4x4afrika.com “Ons was nog altyd behep met avontuur en die buitelewe, altyd op soek na daardie perfekte kampvuur – en hoe meer afgeleë daardie kampvuur is, hoe beter! As jy dit van die gebaande pad af wil w
Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika7 min read
Wild Genoeg Vir Jou?
Botswana is deesdae baie meer toeganklik vir die aspirant avonturier en ywerige reisiger. As jy slim beplan, kan jy by plekke wat elektrisiteit, spoel-toilette en warm storte bied, kamp. Jy kan relatief gemaklik met ‘n 4x2 of selfs ‘n sedan hierdie e

Related