Kuier

Sydow-susters VEG SAAM

Die band tussen susters is ’n besonderse een. Julle lag en huil saam, kan vir een oomblik baklei net om gou weer op te maak, mekaar se siele uit te trek, en in die bres te tree vir mekaar teen enigiemand wat dit durf waag om iets teen jou sussie te sê of te doen.

In die geval van Fatima Sydow en Gadija Sydow-Noordien (albei 48), is dit ’n band wat selfs al voor hul geboorte begin het. Die tweelingsusters lyk nie net na mekaar nie, hul warm persoonlikhede trek jou sommer so na hulle toe aan. Met hul kenmerkende giggellaggies en innemende geaardheid laat hulle jou gemaklik voel. Dit is daarom geen wonder dat hulle aanhangers regoor die land het nie.

Die Sydow-susters het diep in ons harte gekruip. Oor die jare het hulle bekend geword vir hul heerlike kookkuns wat hulle op verskillende maniere gedeel het – op Facebook, Instagram, YouTube, kookboeke en hul eie TV-program, Kaap, Kerrie en Koesisters, en ja, in Kuier ook.

Die twee was deel van Kuier se eerste Koningskos en Kaapse Combo in 2019 waar lesers resepte van hul soet bederfies en Kaaps-Maleise geregte kon kry. In ’n Eid-uitgawe het ons ook resepte uit Fatima se boek, Fatima Sydow Cooks, en die susters se boek, Kaap, Kerrie en Koesisters, gedeel.

Maar die afgelope twee jaar sou die susters tot op die uiterste beproef.

SKOK-DIAGNOSE

Fatima is in Desember 2020 met kanker gediagnoseer, en Gadija het in Februarie vanjaar ’n beroerte gehad. Gebeure wat die familie platgeslaan het, maar nie laat bly lê het nie. Hulle het opgestaan en glimlag steeds op daardie selfde innemende manier – al gaan dit hoe swaar, al

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat
Kuier2 min read
Leer Jy Jou Kind Slegte Finansiële Gewoontes?
Wat kinders reeds vroeg oor finansies leer, kan lewenslange gewoontes vorm. Lê dus ’n goeie grondslag. “Uit my werk met kinders van verskillende ouderdomme en agtergronde is dit duidelik ouers leer hulle soms swak geldgewoontes,” sê Eunice Sibiya, ’n
Kuier4 min read
Haar Oog Op Die Kroon
Deelnemers aan die Mej. SuidAfrika-kompetisie het deur die jare met hul verskillende voorkomste, ouderdomme en persoonlikhede ingeskryf. Maar een ding het hulle feitlik almal gemeen gehad: Hulle kon moeiteloos in swemdrag en aandrokke op die verhoog

Related