‘OP ’N MANIER HET DIE BEROERTE VIR MY ’N ANDER KRAG GEGEE. KRAG WAT EK NOU GEBRUIK OM FATIMA TE ONDERSTEUN’
VIR Gadija Sydow-Noordien was die enigste gedagte waarmee sy op haar 50ste verjaardag op 12 November wakker geword het ’n gebed dat nie sy óf haar tweelingsuster, Fatima, sou siek voel nie. Hulle wou die dag en die groot mylpaal vier.
Want sien, al gaan hulle albei deur ’n siektestryd, glo die susters nie daarin om te kla nie. Dis nie hoe hul ma, Wasiela Sydow, hulle grootgemaak het nie.
Die susters het roem verwerf vir hul kookkuns en die TV-program wat daaruit gevloei het – Kaap, kerrie en koesisters.