Baba & Kleuter

LEERGEREED IS SKOOLG EREED

Gaan jou kind gereed wees wanneer daardie eerste skoolklok lui? Wat beteken dit in elk geval om skoolgereed te wees?

Skoolgereedheid is die maatstaf waarvolgens ons bepaal in watter mate ’n kind verstandelik, motories, sosiaal en emosioneel daarop voorbereid is om ’n sukses van sy skoolloopbaan te maak. ’n Kind kan as skoolgereed beskou word wanneer hy voldoen aan die eise wat die skool stel, of, om meer spesifiek te wees, wanneer hy fisiek, perseptueel, sosiaal, emosioneel en akademies sonder stres met die eise van die skool kan byhou.

Wanneer ons oor skoolgereedheid praat, gaan ons van die vertrekpunt uit dat kleuterskole en voorskoolse onderwyseresse net gedeeltelik vir jou kind se opvoeding verantwoordelik is. Jy is die primêre opvoeder en dit is jou voorreg om seker te maak dat jou kind behoorlik toegerus word sodat hy die maksimum voordeel uit die vakkennis kan trek.

Die belangrikheid van die ouers se rol in hulle kinders se skoolprestasies is al deur menige studies bevestig. ’n Studie in die wys daarop dat die insette van ouers, deur byvoorbeeld stories hardop te lees en oueraande by te woon, ’n groter invloed op hul kinders se opvoedkundige prestasies het as die insette van onderwysers of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
Avontuurlustige Woelwater
Die lewe is vir Stefan een groot avontuur. Hy is ’n bedrywige seuntjie wat op sy gelukkigste is agter ’n stuurwiel of in sy pa, Henno, se arms. Hy speel eerder buite as binne en gaan nêrens sonder sy hasie, Bollie, nie. Hy geniet pannekoek, melktert,
Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel
Baba & Kleuter6 min read
Etiket Vir Ouers
Dis die soort storie wat so vreemd is dat dit waar móét wees. Gerda het vir haar eenjarige dogter ’n verjaardagpartytjie gereël, natuurlik met koek en tee vir die mammas. Groot was haar skok toe een ma ’n baba in haar arms druk en koers kies – net om

Related