Baba & Kleuter

Etiket vir ouers

Dis die soort storie wat so vreemd is dat dit waar móét wees. Gerda het vir haar eenjarige dogter ’n verjaardagpartytjie gereël, natuurlik met koek en tee vir die mammas. Groot was haar skok toe een ma ’n baba in haar arms druk en koers kies – net om baba laatmiddag eers te kom haal.

”En sy’t nie één ekstra bottel of ’n doek saamgestuur nie!” vertel Gerda. Sy’s natuurlik nie die enigste slagoffer van ander ouers se slegte maniere nie. ’n Blitsbesoek aan sosiale media wys daar’s toenemende kommer hieroor. Ouers wat swak sportmangees langs die sportveld toon, ouers wat ongeskik is met ander ouers en onderwysers ... die lys is lank. Die vrees bestaan natuurlik dat dit tot ’n nuwe geslag ongeskikte kinders sal lei.

DIE VREES BESTAAN NATUURLIK DAT ONGESKIKTE OUERS TOT ’N NUWE GESLAG ONGESKIKTE KINDERS SAL LEI.

Dr. Charles Smith, ’n dat dit die simptoom is van ’n samelewing waarin verskillende waardes en menings heers. In vorige geslagte het almal na soortgelyke skole en soortgelyke kerke gegaan en ’n eenvormige waardestelsel aangehang. Dit was baie makliker om ”reg” en ”verkeerd” te definieer. Vandag is daar nie meer dieselfde konsensus oor aanvaarbare gedrag nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter4 min read
Klein Dingetjies Help Jou Kraam
Kraam is harde werk en dit sou onwys wees om dit sonder beplanning aan te pak. As jy jou liggaam en gees voorberei en sorg vir ’n paar hulpmiddels wat die sintuie streel, verbeter jy jou kans dat die groot dag vlot verloop. Die Johannesburgse vroedvr
Baba & Kleuter7 min read
Motorstoeltjieveiligheid
Die voorbereiding vir jou nuweling se koms het nege maande geduur. Jy is nou ’n ouer en jou wêreld word op sy kop gekeer. Jou doelwit is om jou baba veilig en gesond te hou. Dit begin wanneer julle die hospitaal verlaat om huis toe te gaan en daarvoo
Baba & Kleuter1 min read
Deel & wen
Die Suid-Afrikaanse velsorgreeks Bramley weet dat die meeste vroue besorg is oor droogheid en rekmerke. Bramley is ook bewus van ons almal se knap begrotings! Dis hoekom die reeks net gehalte-bestanddele inspan om die vel te bevogtig, te voed en te b

Related